Ingredients
- 2½ k Meel
- ½ Pakkie droë gis
- 5 ml Sout
- 125 ml Warm melk
- 125 ml Karringmelk
- ½ Geklitste eier
- 20 ml Botter, gesmelt
- 10 ml Suiker
- Koljander fyn vlokkies of knoffel vlokkies, of nigella seeds of sesame saadjies
- Nog botter om mee te borsel (knoffelbotter werk ook lekker)
Instructions
- Meng die sout, gis en 5 ml meel in 'n mengbak.
- Roer die melk, karringmelk, eier, botter en suiker by.
- Klits tot glad.
- Meng die res van die meel by tot jy deeg het en knie dit dan vir 5 minute.
- Plaas die deeg in 'n geoliede bak, bedek en laat rys vir 45 minute.
- Slaan die deeg plat en maak agt balletjies.
- Rol elke bal 1 cm dik uit in sirkels.
- Borsel die sirkels met botter. Gooi die koljander vlokkies of knoffel vlokkies oor. Gooi ook bietjie droë pietersielie oor.
- Bak teen 260°C vir agt minute.
- Ek sien van die ander resepte se mens kan dit @ 200 °C ook bak vir ongeveer 20 minute.
Volgende Resep: Bier en Heuning Brood