Hierdie smoothie resep is nie net lekker nie maar kan gebruik word om ‘n paar probleme op te los. Hierdie piesang en gemmer drankie kan gebruik word as jy sukkel met sooibrand, naarheid en met rysiekte.
Dit is die gemmer wat help met hierdie probleme.
Maar hierdie smoothie word gekombineer met ‘n piesang wat as ‘n natuurlike teensuur werk.
Dit is ‘n goeie kombinasie en plaasvervanger vir oor die toonbank pille wat dalk nie eens sal werk nie.
Probeer gerus hierdie drankie nie net vir die oplossings tot hierdie probleme nie maar ook omdat dit baie lekker is.
Ingredients
- 1 Piesang, opgesny
- 3/4 k Vanilla Jogurt
- 1 eetl. Heuning
- 1/2 tl. Vars gerasperde gemmer
Instructions
- Meng alles saam in 'n versapper tot glad.
- Gooi dan in glasie en sien hoe magtig hierdie drankie weklik is.
Nutrition Facts
Piesang en Gemmer Smoothie – Heerlike Drankie met Voordele
Serves:
Amount Per Serving: 2 Drankies
|
||
---|---|---|
Calories | 157.4 kal | |
% Daily Value* | ||
Total Fat 1.3 g | 1.5% | |
Saturated Fat | 0 | |
Trans Fat | ||
Cholesterol | 0 | |
Sodium 57.2 mg | 2.4% | |
Total Carbohydrate 34 g | 11.3% | |
Dietary Fiber 1.6 g | 4% | |
Sugars 27.7 g | ||
Protein 4.9 g |
Vitamin A | Vitamin C | |
Calcium | Iron |
* Percent Daily Values are based on a 2,000 calorie diet. Your daily values may be higher or lower depending on your calorie needs.
Lip Lekker Resepte