Smoothie resepte of skemer kelkies resepte wat jou sal laat smag na meer en meer. Drankies sonder alkohol is uitstekend vir kinders net soos vrugte skommels.
Somer dae word al hoe warmer en ons wil graag “smoothies” drink wat gesond is en ook lekker is wat lekker koel sal afgaan. Vrugte drankies resepte is altyd lekker in die somer en dit word ook genoem gesonde of gesondheids drankies.
Dit bestaan gewoontlik uit vrugte met ‘n paar ander bestanddele om dit ekstra lekkerder te maak dan kan die drankies vir kinders ook gebruik word. En so maak jy seker jou kinders kry hul daaglikse vrugte benodige inname in hul lyfies sonder ‘n gesukkel. Hierdie smoothie resepte is absoluut heerlik en moet beslis probeer word!
Hier is 10 van die heel beste smoothie resepte wat ek al tee gekom het:
1.Appel en Appelkoos Smoothie:
Bestanddele:
- 1 Lekker groot rooi appel (geskil en gekap. Gooi stronk weg.)
- 1 k Appel sap
- 4 Appelkose (Jy kan dit net so gebruik of jy kan die skil afskil)
- 1 Piesang (Skil Afgepeel)
- 3/4 k plein of vanilla jogurt (Non-fat opsioneel)
- 10 – 12 Ys Blokkies
- 1 Eetl. Heuning
Metode:
- Sit al die bestanddele in die blender en puree tot glad en sonder stukke.
2.Piesang en Appelkoos Drankie
Bestanddele:
- 1 k Fyn gemaakte piesangs (Dis omtrent 2 groot piesangs)
- 1 k Appelkoos stroop
- 1/4 tl. vanilla
Metode:
- Meng die bestanddele in die blender tot egalig en glad. Gewoontlik 30 sekondes.
- Bedien dadelik met ys blokkies.
- Die resep lewer 2 porsies
3.Piesang en Kaneel Smoothie
Bestanddele:
- 1/4 k Plein of vanilla jogurt
- 1/4 k lae vet melk (non fat is beter)
- 1/2 Piesang
- ‘n Sprinkel vanilla
- ‘n Sprinkel kaneel
- 4 Ys blokkies
Metode:
- Blend to gepaste dikte of gladheid.
- Jy kan enige vrugte gebruik wat in seisoen is of jy kan tot ingelegte vrugte soos perskes gebruik.
- Die resep kan dubbel aangemaak word.
4.Piesang en Koffee Smoothie
Bestanddele:
- 2 Klein piesangs (geskil, opgesny en gevries)
- 1 1/2 k Non fat melk
- 1 Kg lae vet koffee jogurt
- 1/4 tl. Kaneel
- ‘n Sprinkel neutmuskaat
Metode:
- Meng al die bestanddele in die blender.
- Gooi in mooi glasse en garneer met vars piesang stukkies en ‘n mint blaartjie.
5.Piesang, Aarbei en Lemoen Skemer Kelkie
Bestanddele:
- 1 Piesang
- ‘n Handvol aarbeie
- 1 k Vannilla jogurt
- 1/2 k Melk
- 1/2 k Lemoensap
- ‘n Handvol ys blokkies
Metode:
- Meng alles saam in die blender.
- Die resep lewer 3 porsies.
6.Ontbyt Drankie
Bestanddele:
- 1/2 k Lemoensap
- 1 Piesang
- 6 – 7 Gevriesde Aarbeie
- 2 Gevriesde Perskes
- 5 – 6 Blue berries
- 6 – 7 Ys blokkies
- Vars mint blaartjie (optioneel)
- ‘n Titseltjie neutmuskaat (optioneel)
- 1 tl. Heuning (optioneel)
Metode:
- Meng al die bestanddele behalwe die ys blokkies in die versapper.
- Puree tot glad. Gooi ys blokkies by en versap verder.
- Gooi in ‘n glas en sprinkel neutmuskaat bo oor.
- Garneer met ‘n mint blaartjie.
7. Waartlemoen Melk Skommel
Bestanddele:
- 3 k Gevriesde waatlemoenstukke (sny in blokkies en vries oornag)
- 1 k Melk
- 1/2 tl. Vanilje geursel
- 2 eetl. Suiker
- 1 Skep vanilla roomys
Metode:
- Meng tot glad en bedien dadelik.
8. Suurlemoen en Pynappel Drankie
Bestanddele:
- 7 suurlemoene se sap
- 1 suurlemoen se skil
- 1 grt blik pynappelstukkies (840 g)
- 400 g wit suiker
- 2 liter water
Metode:
- Meng alles saam en laat oornag in yskas.
- Dreineer en bottel.
- Hou in yskas.
- 2 Tots cane kan opsioneel bygevoeg word.
- Hierdie resep lewer 3,5 liter
9. Hawermout en Aarbei Ontbyt Skommel
Bestanddele:
- 1 k Soja Melk
- 1/2 k Hawermout
- 1 Piesang, gebreek in stukkies
- 14 Gevriesde aarbeie
- 1/2 tl. Vanilla
- 1 1/2 tl. Wit suiker
Metode:
- In a versapper, meng die soja melk, hawermout, piesang en aarbeie goed saam.
- Gooi vanilla en suiker by (optioneel) versap verder.
- Gooi in glase en bedien dadelik!
- Die resep lewer 2 porsies.
10. Son Opkoms Kelkie
Bestanddele:
- 1 k Mango stukkies
- 1/2 Piesang stukke
- 1 tl. Vars suurlemoen sap
- 1/4 tl. Fyn gekerfde gemmer
- 1 Ysblokkie
- 2 tl. Heuning
- 2 k Waartlemoen stukke (ontpit)
Metode:
- Versap die mango, piesang, suurlemoen sap, gemmer, ysblokkie en heuning in jou versapper.
- Gooi in glase.
- Puree dan die waartlemoen stukke en gooi dan bo op die eerste mengsel.
Ek hoop dat julle hierdie smoothie resepte geniet het. Dit is almal baie gesonde opsies vir smoothies resepte en daarom hou ons van dit, want dit smaak so lekker en natuurlik!
Volgende Resep: Tropiese Papaja Kelkie
Ek soek graag die smoothie resepte vir my ma sy is 75 jr en het altzimers sy eet nie baie goed nie.
Hoe moet ek maak om die resepte te kry.
Dankie
San-Marie du Preez