Serving Size
'n Hele klom aartappels skyfies
Prep Time
20 minutes
Cook Time
1 hour, 15 minutes
Total Time
1 hour, 15 minutes
Notes
Variasie:
Gooi gekapte spek effens gebaai bo-oor, of gekapte uie, of gekapte pepers.
Jy kan selfs bietjie gerasperde kaas die laaste 10 min oor rasper. Gooi ook gekapte spruit uie of pietersielie oor.
Hierdie resep is 'n plein en eenvoudige manier om aartappels te bak. Die aartappel moet binne nog lekker sag wees en buite so bietjie "crispy".
Die resep is die perfekte gereg by braaivleis. Gebakte aartappels in die oond bly maar 'n gunsteling onder Suid-Afrikaners.
Ingredients
- 3 eetl. Botter, gesmelt
- 3 eetl. Olie
- 2 kg Aartappels, geskil
- Sout na smaak
Instructions
- Verhit die oond tot 180°C.
- In 'n bak meng botter en olie.
- Smeer jou bakpan (oral en teen kante ook) met ’n gedeelte van die mengsel.
- Sit die res van die botter mengsel eenkant.
- Sny die aartappels baie dun skyfies.
- Pak aartappelskyfies styf in die gesmeerde pan.
- Sprinkel met sout en sprinkel res van die botter bo-op. Hier kan jy bietjie knoffel ook oorstrooi indien verkies.
- Bak vir 1 uur en 30 minute of totdat aartappels bros aan die buitekant en sag in die middel is. Kyk na ongeveer 1 uur en 15 minute en dan bak nog sowat 15 minute indien nodig. Die tyd kan wissel, afhangende van die dikte van die aartappels.
Volgende Resep: Gebakte aartappel resepte