Serving Size
35 – 40 koekies
Prep Time
10 minutes
Cook Time
1 hour, 20 minutes
Total Time
1 hour, 20 minutes
Notes
Hierdie aartappel koekie resep is die enigste wat ek ooit sal gebruik. Dit is nooit 'n flop nie.
Ingredients
- 10 Medium Grootte aartappels gerasper
- 2 Groot uie gerasper
- 2 k Meel
- 4 Eiers
- 2 t Knoffel
- 2 t Sout
- 4 t Pietersielie
- 1 t Peper
Instructions
- Skil uie en aartappels en rasper dit in bak. Maak seker jy gebruik die growwe rasper kant, moenie die klein gaatjies kant van die rasper gebruik nie.
- Gooi die eiers, knoffel, sout, peper en pietersielie by die aartappels.
- Meng goed en gooi dan die meel in.
- Die deeg moet nie te styf wees nie, jou mengsel moet egalig afval van die lepel in die pan.
- As die deeg te styf is, gooi nog 'n eier in. As die deeg te slap is, gooi nog so bietjie meel by.
- Meng alles goed deur en verhit jou pan met so 2 cm olie daarin.
- Gebruik ’n opgehoopte eetlepel om die mengsel in die pan te gooi. Druk plat en elke keer wat jy die koekie omdraai moet jy dit ook plat druk.
- Laat die olie af drup deur die koekies op kombuis papier te sit, of maak soos ek. Sien prentjie onder.
- Bak 4 minute aan elke kant of tot goudbruin.
- My pan is groot genoeg vir 4 koekies op ’n slag.
Volgende Resep: Potato Stacks