Heerlike Aartappel Lasagne – Pasta Plaasvervanger Resep

Dié resep is amper soos lasagne, maar in plek van pasta, gebruik jy skywe gaar aartappels.Aartappel Lasagne image

Vleis Mengsel Bestanddele:

1 Ui, gekap

2 Knoffel huisies, fyn gekap

10 ml Olyfolie

10 ml Koljander

5 ml Komyn

45 ml Gekapte, vars oreganum

500 g Beesmaalvleis

60 ml Tamatiepasta

1 x 410 g Blik gekapte tamaties

Water

Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak

Lasagne Bestanddele:

6 Middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek

125 ml Room

3 ml Neutmuskaat

125 ml Gerasperde cheddarkaas

Vleis Mengsel Metode:

  • Braai die ui en knoffel in die olie tot sag.
  • Voeg die speserye by en braai tot geurig.
  • Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by.
  • Maak die tamatie blik vol water en voeg by die vleis.
  • Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur.
  • Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik.

Lasagne Metode:

  • Voorverhit oond tot 180°C en sny aartappels in skywe.
  • Begin met ’n dun lagie vleis mengsel onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nog ’n lagie vleis mengsel op.
  • Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels.
  • Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor.
  • Bak vir 30 minute.

Sit voor met ’n mengelslaai.

Die resep lewer ses porsies.

Volgende Resep: Rooibostee Gerookte Aartappels Slaai