Notes
Hierdie aartappel sop met spek resep is heerlik verby. Die aartappel room sop is beslis 'n probeer slag werd!
Ingredients
- 6 Medium aartappels
- 3 Repe spekvleis
- 2 Uie
- 500 ml Kookwater
- 250 ml Room
- 5 ml Sout
- 1 ml Peper
- 25 ml Pietersielie fyn gekap
Instructions
- Snipper die spek en kap die uie ook fyn en braai saam met spek. Hou eenkant in pan.
- Voeg aartappels wat in blokkies gesny is in kook water. Voeg sout, peper by.
- Prut tot die aartappels sag is.
- Skep aartappels met 'n 'lepel met gaatjies' oor in die uie mengsel in.
- Hou water in pot, gooi room by en kook nog vir n verdere 5 min. Verlaag hitte anders kook dit oor.
- Gebruik drukker of 'smasher' om aartappel mengsel lekker fyn te druk.
- Gooi oor in room sous en kook vir 5 -10 minute.
- Strooi die fyngekapte pietersielie oor.
Volgende Resep: Romerige Vis en Aartappel Gebak