Aartappel en Spek Pie Featured image

Aartappel en Spek Pie – Aartappel en Spek Gereg Resep

 

Aartappel en spek pie is defnitief ‘n resep om te probeer. Of jy dit nou gaan regkry, dit is die ander storie.

Aartappel en Spek Pie image
Aartappel en Spek Pie

Bestanddele:

Aartappels
Spek
Kaas
Speserye

Aartappel en Spek Pie Metode:

  1. Rangskik die spek snye in ‘n sirkel van die middel van die pan. Laat die stukke oor die kant van die pan hang.
  2. Op die spek sit ‘n laag aartappel skywe. Maak seker die aartappel skywe is dun gesny. Jy kan die skil aan los.
  3. Gooi so bietjie Mozzarella kaas en ½ t speserye van jou keuse, saam met bietjie swart peper bo op die aartappel skywe.
  4. Sit nog ‘n laag aartappel skywe, weer kaas en speserye en maak klaar met nog ‘n laag aartappels.
  5. Maak die aartappels toe met die uithangende spek en bak in die oond teen 210°C vir omtrent 45 – 55 min.
  6. Die spek moet krakerig wees en die aartappels moet deeglik deur gekook wees, lekker sag.

Notas:

Ek het hierdie resep probeer, maar genade tog, die aartappels was nog nie sag teen die einde van die 55 min nie.

Meskien omdat ek die aartappel skywe te dik gesny het? Dit moet seker so dun soos lays se skyfies gesny word.

Ek hoop julle kom reg met die resep en as julle enige raad of kommentaar oor hierdie resep het, kontak my gerus. Ek sal graag julle opinie wil hoor.

Hierdie aartappel en spek gereg kan by ‘n braaivuur as voorgereg bedien word.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *