Amarula Sjokolade Koek met Sous Resep – Beste Koek Ooit

Bestanddele vir koek:Amarula Sjokolade Koek image

60ml Kakao
125ml Kookwater
3 Eiers
220ml Suiker
60ml Olie
250ml Koekmeel
10ml Bakpoeier
2ml Sout

Bestanddele vir stroop:

200ml Suiker
250ml Water
60ml Amarula-likeur

Bestanddele vir versiersel:

1 Blik karamel kondensmelk
Styf geklopte room vir versiering
1 Flake
Stel oond op 180°C.

Beslag metode:

  • Meng kakao met kookwater en laat afkoel.
  • Klits eiers, suiker en olie saam, voeg by koue kakao mengsel by en meng deeglik.
  • Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
  • Skep in 22cm x 30cm pan en bak ongeveer 20 min of tot toetspen skoon uitkom!

Stroop metode:

  • Kook suiker en water saam vir 5min en verwyder van stoof en voeg Amarula by, roer goed.
  • Prik koek met n’ vurk sodra dit uit oond kom en gooi warm stroop oor.

Versier metode:

  • Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamel kondensmelk oor en versier met styf geklopte room oor.
  • Breek flake in stukkies bo-oor.
  • Dis ‘n lekker klam koek en jy kan ook meer Amarula gebruik en dit selfs saam die karamel kondensmelk inmeng.

Die beste amarula sjokolade koek met sous resep wat jy ooit sal teekom. Amarula sjokoladekoek versiering resep is bietjie aan die duur kant om te maak, maar defnitief elke sent werd as jy spesiale mense wil bederf met ‘n lekker nagereg.

Volgende Resep: Sjokolade Koek in Koffie Beker