Notes
Wenk:
Gooi ook 'n blikkie pit mielies (gedreineer) in
Jy kan ook gekapte spek byvoeg as jy wil.
Jy kan die heuning uitlaat as jy dit nie het nie - ek bak myne gewoonlik sonder die heuning.
Ingredients
- 3 k Meel
- 2 eetl. Suiker
- 1 eetl. Bakpoeier
- 1 t Sout
- 2 eetl Heuning
- 1 Blikkie bier - enige soort bv. Castel of Black label
- ¼ k Botter, gesmelt
Instructions
- Verhit die oond tot 180°C en smeer broodpan.
- In 'n bak, meng die meel, suiker, bakpoeier en sout.
- Met 'n lepel roer die bier en heuning in die droë bestanddele tot net gemeng. (Mikrogolf die heuning vir 5 tot 10 sekondes voor die tyd om te maak dat dit makliker is om te roer).
- Gooi die helfte van die botter in die broodpan. Skep die beslag in die broodpan en gooi die res van die botter bo-op die deeg. Gebruik ‘n kwas om die botter oor die hele broodjie te smeer
- Bak vir 50 - 60 minute of tot goudbruin bo is en 'n tandestokkie skoon uitkom.
Volgende Resep: Geen Knie Brood