Notes
Maklike biltong sop resep met gekrummelde blou kaas as versiering. This biltong soup recipe is to die for if you like blue cheese.
Ingredients
- 125 ml (½k) Botter
- 2 Beesvleis aftreksel blokkies
- 2 t Gemaalde swartpeper
- ½ t Neutmuskaat
- ½ t Koljander
- 250 ml Koekmeelblom
- 500 ml Melk
- 1½ Liter Kookwater
- 1 k Gerasperde cheddar
- 200 g Fyn gekerfde biltong
- Room & port (Opsioneel)
- 100 g Bloukaas, gerasper of gekrummel
Instructions
- Smelt botter in kastrol, krummel vleis aftreksel blokkies oor en voeg die speserye by.
- Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meel mengsel, hou aan met roer, jy soek nie klonte nie!
- Verwyder sop van die stoof en roer die cheddar en helfte van die biltong in. Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm.
- Roer 'n bietjie room en port in net voor opdiening.
- Skep sop in bord, sprinkel orige biltong oor en krummel bloukaas oor.
Volgende Resep: Butternut Soup