Notes
Hierdie lekker braaibroodjie resep is heerlik saam met braaivleis. Probeer dit gerus 'n bietjie in plaas van dieselfde ou broodjies wat jy altyd voorsit vir 'n braai.
Ingredients
- 2 Rolle puff pastry, ontdooi
- 15 ml Kookolie
- 1 Ui, fyn gekap
- 1 Rooipeper , fyn gekap
- 400 g Hoender Filet, in repe gesny
- 250 g Spek gekerf
- 1 KNORR Thick White Onion Soup
- 1 Bossie spinasie, skoongemaak en rof gekap
- 1 Bakkie gesnyde sampioene
- 200 g Mozzarella kaas, gerasper
- 1 Ronde feta kaas wiel, gekrummel
- 1 Eier, liggies geklits
Instructions
- Verhit olie in pan en braai die ui en rooipeper tot sag.
- Gooi die hoender repe by en braai tot bruin.
- Gooi die spek by en braai tot gaar.
- Hou eenkant om af te koel.
- Spuit die braai rooster albei kante goed met cook en spray.
- Rol die deeg uit op die een kant van die rooster.
- Gooi spinasie oor die deeg en gooi dan jou mengsel oor die spinasie.
- Sprinkel die pakkie KNORR Thick White Onion Soup oor.
- Gooi nou die sampioene oor en bedek dan met die Mozzarella kaas en feta kaas.
- Gooi weer spinasie oor die mengsel en sit die ander rol deeg bo-op.
- Gebruik jou vingerpunte om die kante van die deeg te seel.
- Smeer liggies met eier bo-op en maak 3 klein snytjies aan die bokant van die deeg deur ’n mes te gebruik sodat lug kan ontsnap.
- Braai die broodjie vir sowat 20 minute. Draai dit gereeld om. Pasop om dit te brand.
Volgende Resep: Mielie Brood