Notes
Heerlike en vinnige botterskorsie sop resep wat jy beslis die winter moet probeer.
Ingredients
- 1 Groterige butternut in blokkies gesny
- 2 Uie gerasper
- 1 Appel gerasper (opsioneel)
- 1 t Kerrie
- 3 Hoender blokkies
- 1 Lemoen se skil gerasper en die sap
- 3 k Water
- 1 k Melk
- 3 t Margarien
- Knypie Neut
- Sout en peper en 'n knypie suiker
Instructions
- Braai uie in margarien tot sag .
- Voeg die res van die bestanddele behalwe die melk by, en kook totdat die butternut sag is.
- Voeg melk by en verhit tot dit amper kook.
- Gooi deur sif of gebruik 'n "blender" vir ekstra romerige tekstuur.
- Versier met room net voor bediening.
Volgende Resep: Ertjie Sop