Hierdie Karamel Brosbrood resep is heerlik, heerlik verby. Kyk na die prent onder en jy sal smul aan hierdie lekker brood resep. (more…)
Brood
Piesangbrood Resep – Maklike en Heerlike Piesangbrood
Hierdie piesangbrood resep is die beste resep wat ek baie graag gebruik as ek piesangbrood maak.300
Prep Tyd: 10 minutes
Kook Tyd: 1 hour
Totale Tyd: 1 hour, 10 minutes
Opdien Grootte: 1 Groot Piesang Brood of 2 kleintjies
Bestanddele:
125 ml Margarien
300 ml Suiker
2 Eiers
2 x 250 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
2,5 ml Sout
5 Fyngedrukte piesangs
2,5 ml Vanilla
Piesangbrood Metode:
- Room die botter en suiker.
- Klits eiers een vir een by.
- Voeg die gesifte droë bestanddele by.
- Voeg nou die piesangs en vanilla by die mengsel.
- Bak +- 1 uur by 180 °C.
Notas:
Die resep is die lekkerste en defnitief die maklikste resep ooit! ‘n Bonus punt is hy is flop vry en ek beveel hierdie resep aan vir enige iemand.
Van bo baas kok tot ‘n beginner in kos maak. Absoluut ‘n wen resep en moet defnitief probeer word!
Volgende Resep: Rencia se Piesang Brood
3 Bestanddele Piesangbrood – Maklike Vinnige Resep
Die 3 bestanddele piesangbrood resep kom handig te pas as die geldjies bietjie aan die nou kant is en jy lus is vir ‘n piesangbroodjie. (more…)
Rencia se Piesangbrood Resep – Maklike Piesangbrood
Rencia se piesangbrood is ‘n resep wat sy aangepas het. So ook om dit lekkerder te maak. Dit is ‘n smaaklike piesangbrood resep hierdie. (more…)