Notes
Hierdie chorizo brood resep kan gemaak word as 'n bygereg by 'n braai, of sommer net omdat dit lekker is.
Ingredients
- 200g Bruismeel
- 3 Eiers
- 100ml Druiwepit olie
- 100ml Lae vet melk
- 1 t Bakpoeier
- ¼ t Neutmuskaat
- ½ t Grof gemaalde swartpeper
- 1 Chorizo wors, vel verwyder
- 2 Pere, geskil en in blokkies gesny
Instructions
- Klits eiers, olie en melk saam.
- Meng meel, bakpoeier, neutmuskaat en peper saam.
- Meng by nat bestanddele. Meng pere by.
- Skep helfte van beslag in ’n broodpannetjie.
- Plaas chorizo wors bo-op. Skep res van beslag bo-oor en maak gelyk.
- Bak in oond teen 180˚C vir 45 minute. Laat afkoel.
Volgende Resep: Bier en Heuning Brood