Notes
(Mense het al gedink dit is kaaskoek so lekker is hierdie en dit is heerlik, maklik en goedkoop.)
Hierdie cremora tert is verskillend as gevolg van die jellie en jogurt wat hy in kry. Probeer hierdie resep gerus om bietjie afwyking te kry van die gewone poeding wat jy voorsit vir jou mense.
Ingredients
- 1/2 k Kookwater
- 250g Cremora
- 1 Blik Kondensmelk
- 1/2 k Suurlemoensap
- 500g Joghurt (Black Forrest)
- 1 Pak Rooi Jellie
- 1 Pak Marie Beskuitjies fyngemaak en met gesmelte botter gemeng.
Instructions
- Meng Cremora goed met kookwater en sit in yskas tot heeltemal afgekoel. Klits tot styf en romerig.
- Gooi kondensmelk en suurlemoen sap by en klits goed.
- Maak intussen jellie aan en laat afkoel maar nie stol nie.
- Meng joghurt en jellie by kondensmelk mengsel en gooi oor koekie kors.
- Breek flake bo-oor vir versiering.
Volgende Resep: Cremora Tert