Notes
As jy na die gewone ou cremora tert soek soos wat jou ouma dit altyd gemaak het, het jy na die regte plek gekom. Hierdie cremora tert resep is soos die een wat jy as kind altyd geeet het.
Ingredients
- Kors:
- 1 pak (200g) Marie beskuitjies, fyngemaak
- 100-125ml Gesmelte botter
- Vulsel Bestanddele:
- 1 pak (250g) Cremora melkpoeier
- 125 ml (1/2 k) Kookwater
- 1 blik (397g) Kondensmelk
- 125 ml (1/2 k) Suurlemoensap
Instructions
- Meng die beskuitjies en die gesmelte botter goed en druk in ‘n 23 cm-tertbord vas.
- Los die melkpoeier in die kookwater op. Verkoel.
- Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam.
- Voeg die opgeloste melkpoeier by en klits tot dik, romerig en wit.
- Skep die vulsel in die voorbereide kors en verkoel tot stewig.
Volgende Resep: Malva en Kersie Tert