Taai Dadel Okkerneut Poeding Resep

Bestanddele:Dadel Okkerneut Poeding image

200ml Kookwater

175g Dadels fyngekap

50ml Botter gesmelt

125ml Sagte bruinsuiker

2 Eiers geklits

5ml Vanieljegeursel

1/2 Pakkie 50 g Okkerneute grof gebreek

310ml Bruismeel

5ml Bakpoeier

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Smeer ‘n 1 liter oondbak.
  • Giet die kookwater oor die dadels en laat 20 minute lank staan.
  • Roer die botter, bruin suiker, eiers en vanieljegeursel by afgekoelde dadelmengsel en meng tot glad.
  • Voeg die neute by.
  • Sif die bruismeel en bakpoeier oor en vou liggies in tot gemeng.
  • Skep in voorbereide bak en bak 40 –   45 minute lank tot gaar.

SOUS:

Bestanddele:

125ml Sagte Bruinsuiker

50ml Sagte Botter

75ml Koue Water

Metode:

  • Verhit intussen al die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol.
  • Roer totdat die botter gesmelt het en laat 2 – 3 minute lank prut tot effens verdik.
  • Giet die warm sous oor die gaar poeding sodra dit uit die oond kom.
  • Sit warm voor met dun room.

Genoeg vir 8 mense.

Uit Wen Resepte 2000

Probeer gerus hierdie dadel en okkerneut poeding as jy van neute en dadels hou. Dit sal beslis baie lekker smaak.

Volgende resep: Vinnige en Maklike Vanilla Poeding