Hierdie driehoek worsie happies is heerlik vir platters. Of sommer net om lekker voor te berei vir snacks by ‘n braai.
Lewer: 16 happies
Bestanddele:
bietjie olie…
1 ui, fyn gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
375 g (1 pakkie) plaasworsies
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
45 ml (3 e) soetrissiesous
bietjie melk vir bo-oor
Metode:
- Stel oond op 220 °C.
- Verhit olie en soteer ui en kruie tot sag. Hou eenkant.
- Kook worsies in klein bietjie water tot gaar. Laat afkoel en sny in 6 cm-stukkies. Hou eenkant.
- Rol deeg oop en effens platter.
- Sny deeg in 6 cm x 6 cm-blokkies.
- Smeer soetrissiesous skuins oor elke blokkie (van een hoek tot teenoorgestelde hoek). Skep uiemengsel bo-oor.
- Plaas worsies skuins oor deegvierkant en vou punte oor mekaar. Maak punte met water nat sodat dit goed vassit.
- Verf bietjie melk bo-oor en bak.
Lyk heerlik gaan probeer.