Heerlike Sponserige Engel Koek – Koek Resepte

(6 porsies)

Bestanddele:

12 eierwitte
280 g (335 ml) Strooisuiker
10 ml Vanielje-geursel
160 g (285 ml) Koekmeel, 3 keer gesif
250 ml Frambooskonfyt

Roomkaas Versiersel Bestanddele:

120 g Sagte botter
240 g Versiersuiker, gesif
230 g Roomkaas
250 g Frambose
100 ml heuning

Koek Metode:

  • Verhit oond tot 160˚C.
  • Klits eierwitte met elektriese menger tot sagte punte.
  • Gooi strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf.
  • Klits vanielje by. Vou meel versigtig by met slaplemmes.
  • Gooi mengsel in ongesmeerde 30 cm-losboompan.
  • Bak vir 40 – 45 minute of tot buitekant goudbruin is en ‘n toetspen skoon uitkom.
  • Haal uit oond en draai die pan onderstebo op afkoelrak. Laat afkoel.
  • Gebruik ‘n slaplemmes en druk dit tussen die koek en die pan in. Sny dit versigtig los so na aan die pan as wat jy kan en keer versigtig uit.
  • Sny koek met skerp mes horisontaal in twee helftes.
  • Smeer konfyt op een helfte en plaas tweede helfte bo-op.

Versiersel Metode:

  • Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute.
  • Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed.
  • Smeer aan kante van koek. Gooi bessies en heuning oor.

Volgende Resep: Sjokolade Olie Koek