Notes
Hierdie resep is baie eenvoudig maar tog 'n groot wenner by 'n basaar. Probeer gerus hierdie koue basaar poeding resep volgende keer as jy vir die poeding tafel moet sorg.
Ingredients
- 8 Pakkies Jellie (jou keuse)
- 16 k Kookwater
- 1 Blik kondensmelk
- Ingelegde vrugte (enige hoeveelheid) sny net fyn en klein stukkies
Instructions
- Los jellie in water op (jy kan die sap van die ingelegde vrugte ook gebruik om die jellie mee aan te maak). Laat afkoel.
- Voeg kondensmelk by asook die vrugte.
- Sit in yskas – verkieslik oornag.
Volgende Resep: Suurlemoen Basaar Poeding