Notes
Optioneel:
2 blikke karamel en orley whip.
Bron: Selma Alberts
Wat 'n snaakse naam vir 'n poeding. Maar met al die lekker bestanddele kan dit net 'n heerlike poeding wees waarna jou mense kan uitsien na 'n harde dag!
Ingredients
- 1 Sjokolade sponskoek
- 1 Blik karamel kondensmelk
- 1 Houertjie room
- Sjerrie likeur van jou keuse
Instructions
- Breek koek in groot krummels.
- Pak in bak.
- Sprinkel sjerrie oor.
- Klits room styf en klits karamel daarby in.
- Skep bo-op koek.
- Herhaal lae.
- Los bietjie geklitste room uit vir heel bo-op.
- Versier met gekrummelde flake en kersies.
- Hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit.
Volgende Resep: Pynappel Poeding