Notes
Wenk:
Indien jy hou van iets soets saam met jou kos, probeer ‘n bietjie gouestroop saam met die gereg.
Ingredients
- 250 g spek
- 6 Eiers, geklits
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- Olie vir braai
- 6 Dik snye witbrood of 1 klein fransebrood, in skywe gesny
- 150g Ceddarkaas, gerasper
- 60ml Pesto
Instructions
- Voorverhit die oond tot 200°C.
- Verhit ‘n pan en braai die spek tot gaar en bros, skep dit uit en hou eenkant, gebruik dieselfde pan vir die eiers.
- Klits die eiers in ‘n groot mengbak en roer ‘n bietjie sout en varsgemaalde swartpeper by.
- Verhit van die olie in ‘n pan en doop ‘n sny brood in die geklitste eiers.
- Braai die brood aan beide kante tot gaar en goudbruin.
- Sodra al die brood gebraai is pak dit op ‘n gesmeerde bakplaat, deel die spek tussen die brood.
- Skep ‘n lepelvol van die pesto bo-op die spek en sprinkel die kaas bo-oor.
- Bak vir sowat 5 minute of totdat die kaas gesmelt is.
- Sit voor saam met slaai.
Volgende Resep: Vinnige Souttert