Fantastiese Gebakte Aartappel met Spinasie en Spek Sous

Bestanddele:

6 groot aartappels
Olie vir bedekking
Sout en peper

Vulsel Bestanddele:

6 spekvleis repe
15 ml (1 eetl.) Botter
100 g Sampioene, in skywe gesny
40 g Botter
45 ml (3 eetl.) Meel
250 ml (1 k) Melk
100 g Spinasie, gekap
’n Hand vol pietersielie, gekap
30 ml (2 eetl.) Gerasperde wit cheddar

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 200°C.
  • Prik die aartappels met ’n vurk. Giet ’n bietjie olie in jou hande en vryf die aartappels om hulle met die olie bedek.
  • Plaas die aartappels op ’n bakplaat en bestrooi met sout en peper. Bak 90 minute.

Vulsel Metode:

  • Braai die spekvleis in ’n pan oor matige hitte tot goudkleurig en sit eenkant.
  • Braai die sampioene in dieselfde pan.
  • Smelt dit botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die meel by en klits tot ’n gladde pasta vorm.
  • Giet die melk stadig in terwyl jy roer tot glad.
  • Voeg die spinasie, spekvleis, sampioene, pietersielie en kaas by.
  • Wanneer die aartappels gaar is, sny ’n kruis bo-aan elkeen en druk om die aartappel oop te spleet.
  • Skep die vulsel in die kruis.

Volgende Resep: Gevulde Eier Aartappels