Ingredients
- 8 Hoender Porsies
- Sout en vars gemaalde swartpeper
- 30 ml (2 e) Olyfolie
- 30 ml (2 e) Gekapte Pietersielie
- 100 ml Mayonnaise
- 100 ml Jogurt
- Sap en skil van een suurlemoen
- 100 g Baba Spinasieblare
Instructions
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Geur die hoenderporsies met sout en peper en verhit die olie in ’n pan.
- Braai die hoenderborsies tot goudbruin en skep in ’n groot oondbak.
- Meng die pietersielie, mayonnaise, jogurt, suurlemoensap en -skil en skep dit oor die hoender.
- Bak 30 - 40 minute of tot gaar.
- Snipper die spinasie en sit voor saam met die hoender gebak.
Volgende Resep: Hoender Cordon Bleu