Notes
Variasie:
Die gereg kan ook ‘n een bak gereg wees. Kook aartappels tot gaar. Sny in helfte en pak in bakplaat – plat kant na bo.
Stip met botter, sout en peper. Gooi groente en vleismengsel bo-op, gerasperde kaas en spek stukkies bo-op en in die oond tot kaas gesmelt is.
Ingredients
- Oorskiet braaivleis, in blokkies gesny
- 1 ui, gekap
- Gerasperde kaas
- Bietjie olyfolie
- Botter
- Paar stukkies gebraaide spek snippers (opsioneel)
- Gemengde groente – gaar gestoom (bv. Country veg mix) of sommer net kool of broccoli of wortels (Jou keuse)
- Sout en peper
- 4 - 6 Aartappels gaar gekook tot sag (skil aan)
Instructions
- Sny vleis in blokkies.
- Braai vleis stukkies en uie in olie. (Indien jy nie verkies om braaivleis te gebruik.)
- Gooi gaar gemengde groente in en meng deur.
- Sny aartappels oop.
- Sit bietjie botter in, sout en peper en skep die vleis en groente mengsel in aartappels.
- Sprinkel die kaas oor en gebraaide spek bo-op.
- Sprinkel net klein bietjie olyfolie bo-oor.
- Sit in oond tot kaas gesmelt is.
- Bedien dadelik
Volgende Resep: Aartappel Lasagne