Notes
Variasie Vulsel Idees:
Gekookte Vleis: Lekker krakerige spek, ham, worsies, oorskiet hoender of steak, ens.
Groente: Gekapte Broccoli, spinasie, gerookte knoffel, uie, soetrissies, ens.
Kaas: Cheddar, Gouda, Mozzarella, pepper jack, ens.
Bron: http://cheeseandchoco.blogspot.com/2011/02/egg-stuffed-potatoes.html
Ingredients
- 2 Gebakte Aartappels
- 2 Eiers
- Botter
- Sout en peper
Instructions
- Voor verhit oond op 175°C.
- Sny die boonste gedeelte van die aartappels.
- Haal van die aartappel uit, genoeg vir die vulsel, maar jy wil nog steeds genoeg aartappel oorhê. Hou die uitgehaalde aartappel vir ‘n ander gebruik.
- Besprinkel elke aartappel met sout en peper.
- Plaas van jou vulsel in die aartappel in. Maak net seker daar is genoeg plek vir die eier.
- Breek ‘n eier in die aartappel bo op die vulsel. Gooi nog so bietjie sout en peper na smaak op en gooi kaas en miskien nog van die vulsel bo op.
- Bak vir 20 – 25 min of totdat die wit van die eier geset het. Die geel van die eier moet nog loperig wees.
Volgende Resep: Aartappel Kasserol