Gevulde Pannekoek – Ham en Sampioen Vulsel

Pannekoek Bestanddele:Gevulde Pannekoek image

2 Groot eiers
150-200 ml Melk
20 ml Olie
5 ml (1 t) Suurlemoensap of brandewyn
250 ml (1 k) Koekmeelblom
1 ml Sout
180 ml Water
Olie vir vlak braai

Vulsel Bestanddele:

30ml botter of margarien
62g pakkie wituiesop
Melk
250ml hamblokkies
1 ui fyngekap
250g knopiesampioene in skyfies gesny
Sonneblomolie
Sout

Gevulde sampioen vulsel mengsel image

Pannekoek met vulsel image

Pannekoek Metode:

  • Klits al die bestanddele bymekaar en laat staan die beslag ’n paar minute.

Vulsel Metode:

  • Smelt botter, voeg die uiesoppoeier by en roer melk in totdat ‘n witsous vorm wat glad en styf is (dan is dit gaar).
  • Braai die ui en sampioene in ‘n bietjie olie en voeg ham by.
  • Voeg die ham, ui en sampioene by die witsous.
  • Geur met sout.

Plaas vulsel in middel van pannekoeke en rol toe. Jy kan bietjie kaas bo op vulsel sit voor jy toe rol vir so bietjie extra smaak.

Die resep lewer min of min 8 pannekoeke.

Volgende Resep: Gevulde Tuna Pannekoeke