Gevulde Tuna Pannekoeke – Heerlike Pannekoek Vulsel

PANNEKOEKBESLAG

Bestanddele:Gevulde tuna pannekoeke na gebak image

2 Groot eiers
150-200 ml Melk
20 ml Olie
5 ml (1 t) Suurlemoensap of brandewyn
250 ml (1 k) Koekmeelblom
1 ml Sout
180 ml Water
Olie vir vlak braai

TUNA-VULSEL 

Bestanddele:Gevulde tuna pannekoeke image

40 g Botter
1 ui, Grof gekap
1 Knoffelhuisie, fyn gekap
30 ml (2 e) Meel
250 ml (1 k) Melk
Sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) Heel korrel mosterd
3 Blikke tuna, gedreineer
Olie vir vlak braai
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

1. PANNEKOEKBESLAG METODE:

Klits al die bestanddele bymekaar en laat staan die beslag ’n paar minute.

2. TUNA-VULSEL METODE:

  • Verhit die botter in ’n diep pan en braai die ui en knoffel ’n paar minute.
  • Roer die meel by. Roer tot ’n dik pasta vorm.
  • Giet die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm.
  • Geur met sout en peper.
  • Voeg die heel korrel mosterd en tuna by en roer tot deurwarm.

Hou eenkant.

  • Verhit die olie of cook’n spray die pan vir die pannekoeke en skep groot lepels vol van die beslag in die verhitte olie.
  • Bak aan albei kante tot gaar.
  • Skep uit en herhaal met die res van die beslag.
  • Vul die pannekoeke met die tuna-vulsel en vou toe.
  • Sit die gevulde pannekoeke in ‘n gesmeerde oondbak en sprinkel kaas bo-oor.
  • Sit dit onder die roosterelement en rooster totdat kaas gesmelt is.

Volgende Resep: Vis met ‘n Spesery Bolaag