Ingredients
- 500 g Klein aartappeltjies, gehalveer
- 6 Klein hoender dye, nog op die been met vel aan.
- 1 Pakkie KNORR Bruin uie Gravy
- 5 ml Paprika
- 2 Rooi uie, in agtste gedeel
- 1 Rooi peper, in stroke gesny
- 1 Geel peper, in stroke gesny
- 3 Knoffel huisies, fyngedruk
- 30 ml Olyf olie
- 5 ml Droë Origanum
- Sout en peper
- 200 g Blik tamaties
- 12 Swart olywe met pitte
- Pietersielie
- 250 ml Feta kaas, gekrummel
Instructions
- Voorverhit oond op 200°C.
- Kook aartappels vir 10 minute met gekookte water. Dreineer en hou eenkant om af te koel.
- Sit hoender in ’n oondpan en sprinkel die bruin uiesous en paprika oor die hoender.
- Gooi uie, pepers, knoffel en aartappels saam met die hoender.
- Sprinkel olie en origanum oor alles.
- Bak vir 30 minute lank.
- Gooi nou die tamaties en olywe oor die baksel.
- Kook vir nog 15 minute lank.
- Skep op en sprinkel met pietersielie en feta kaas.
Volgende Resep: Hoender Pastei