Ingredients
- 4 Hoender filette (borsies)
- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 4 Snye kaas van jou keuse
- 4 Snye ham of pastrami
- 80 ml (1/3 k) Koekmeelblom
- 2 Ekstra groot eiers
- 200 ml (¾ k) Droë broodkrummels
- Kookolie vir braai
Instructions
- Gebruik sterk bakpapier en bedek die hoender stukke.
- Kap dit effens dunner sodat die hoender amper so dun soos ’n schnitzel is. Besprinkel met sout en peper.
- Sny die fillets in die helfte, maar nie regdeur nie, want jy moet dit kan toevou.
- Plaas ’n sny kaas en ham op die een kant van elke filet.
- Vou dit toe oor die kaas en ham en maak die opening toe met ’n tandestokkie.
- Rol elke filet goed in die meel. Gebruik ’n tang en dompel dit in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels. Sorg dat dit goed bedek is.
- Plaas in die yskas vir omtrent 30 minute. Dit keer dat die krummels maklik afval wanneer dit gebraai word.
- Verhit olie in ’n mediumgrootte swaarboompan of enige pan en braai die hoender vir ’n paar minute aan elke kant totdat die hoender gaar en goudbruin is.
Volgende Resep: Romerige Kerrie Hoender