Ingredients
- 2 Gaar hoenders - ontbeen en in stukke gesny
- Pak lasagne velle
- 2 Gekapte uie
- 350 g Knopies sampioene gekerf
- 2 Gekapte groen rissies (geel rooi en groen)
- 2 Geskilde gekapte tamaties
- 250 g Gerasperde kaas
- 250 g Streepspek - gesnipper
- 2 Pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 kop hoenderaftreksel
- 2 Huisies knoffel gekap
- Sout, peper, kruie en mosterd na smaak
Instructions
- Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
- Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak.
- Meng die vloeistof met die vleis. Laat deurkook.
- Begin deur bietjie hoender mengsel onder in 'n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle.
- Strooi kaas bo-oor en bietjie gekapte pietersielie of spruit uie.
- Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorbeer.
- Bak by 180°C vir 45 minute.
Volgende Resep: Hoender Cordon Bleu