Notes
Bolaag:
2 k Kaas (1x mozzarella – 1x chedder)
250g Spek (gekap)
1 k Gekapte uie en paar stukkies spruit uie gekap (die spruit uie gee mooi kleur).
Ingredients
- 500 g Ontbeende hoenderborsies, in blokkies gesny (rou)
- 6-8 Medium aartappels (geskil) sny in groterige blokkies
- 1/3 k Olyfolie
- 1 ½ t Sout
- 1 t Swartpeper
- 1 eetl. Paprika
- 2 eetl. Knoffel poeier of bietjie knoffel vlokkies na smaak
- 2 eetl. Warm sous (bv peri peri)
Instructions
- Verhit die oond tot 200 °C. Spuit 'n bak met spray en cook.
- In 'n groot bak, meng die olyfolie, sout, peper, paprika, knoffel poeier, en warm sous.
- Voeg die blokkies aartappels en hoender by en roer om te bedek.
- Skep versigtig die aartappels en hoender in die voorbereide bak.
- Bak die aartappels en hoender vir 55-60 minute, roer elke 20 minute tot gaar, bros en bruin aan die buitekant.
- Terwyl die aartappels kook, braai jou spek tot bros.
- Sodra die aartappels en hoender gaar is, verwyder uit die oond.
- Gooi bo-oor die aartappels die kaas, spek, en groen uie.
- Sit terug in die oond en bak vir 5 minute of tot kaas gesmelt is.
Volgende Resep: Hoender en Kaas Kasserol