Notes
Wenk:
Vervang die sampioene deur 125 g kersietamaties of 100 g vars aspersies, in stukke gesny.
Ingredients
- 30 ml (2 e) Kookolie
- 125 g Swoerdlose streep spekvleis, gekap
- 1 Medium ui, grof gekap
- 2 Selderystingels, grof gekap
- 125 g Knopiesampioene, skywe gesny
- 5 ml (1 t) Mosterdpoeier
- 30 ml (2 e) Gekapte, vars gemengde kruie
- 250 ml (1 k) Gerasperde cheddarkaas
- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 2 Ekstra groot eiers
- 300 ml Melk
- 60 ml (¼ k) Koekmeelblom
Instructions
- Verhit helfte van die olie in ’n pan.
- Voeg die spekvleis by en braai liggies.
- Voeg die ui en seldery by en braai vir 2 minute tot sag.
- Voeg die sampioene by en braai liggies verder. Verwyder van hitte.
- Voeg die mosterdpoeier, kruie, kaas en geurmiddels by en skep die mengsel in ’n gesmeerde, oond vaste bak van omtrent 23 cm in deursnee.
- Klits eiers, melk en meel saam en giet oor die mengsel. Meng effens in die bak.
- Bak vir omtrent 30 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C of tot goudbruin en geset.
Volgende Resep: Vinnige Maklike Wrap