Klam Sjokolade Koek – Heerlike Sappige Klam Koek

Bestanddele vir Koek:

250ml Koekmeel
60ml Kakao
250ml Suiker
2ml Sout
10ml Bakpoeier
125ml Kookwater
125ml Olie
4 Eiers, geskei
Stroop
180ml Ingedampte melk
125ml Suiker

Bestanddele vir Ganache:

100g Donker sjokolade
60ml Ingedampte melk
Gekrummelde Flake of gerasperde sjokolade

Metode:

  • Voorverhit oond tot 180°C en smeer ’n ringkoekpan van 25 cm met olie.
  • Sif meel en kakao en meng met suiker, sout en bakpoeier.
  • Klits kookwater en olie saam. Skei eiers. Voeg eiergele by olie-en-watermengsel en klits goed. Hou eierwitte eenkant.
  • Voeg vloeistofmengsel by droë bestanddele en meng deur.
  • Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by beslag in.
  • Skep in voorbereide pan en bak vir 25-30 minute tot deurgaar.
  • Terwyl koek bak, verhit ingedampte melk en suiker tot kookpunt.
  • Sodra koek uit oond kom, prik gaatjies daarin en giet warm stroop oor. (Dit sal lyk asof stroop te veel is, maar alles sal intrek.)
  • Laat afkoel en keer uit. Smelt sjokolade en ingedampte melk saam tot glad en smeer oor koek.
  • Sprinkel Flake óf gerasperde sjokolade oor.

Volgende Resep: Engel Koek