Google Search

Custom Search

Lip Lekker Resepte

Klapper Koekies



Bestanddele:

250 g Botter
250 ml Suiker
2 Eiers
860 ml Bruismeel
250 ml Droë klapper
1 ml Sout

Metode:

  • Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging.
  • Voeg klapper by.
  • Meng meel en sout en voeg by bottermengsel. Meng goed
  • Deel mengsel in 2 – rol in 2 worse van so 5 cm in deursnee.
  • Maak toe met ‘gladwrap’ en plaas in yskas vir tenminste ‘n uur.
  • Sny deeg rolle in snye van so 1 cm dikte (5mm).
  • Bak op gesmeerde bakplaat vir 15 min by 190 °C.

Klapper Koekies Rolle image

Klapper Koekies Rolle

Klapper Koekies Voor Gebak image

Klapper Koekies Voor Gebak

Klapper Koekies Na Gebak image

Klapper Koekies Na Gebak


One Response to Klapper Koekies

  • Liplekker says:

    Die was nie ‘n baie lekker resep om te bak nie. Nadat ek gesukkel het om die rolle te rol, het ek dit toe gemaak in die gladwrap papier.

    Ek het dit na ‘n uur uit gehaal en probeer sny, die goed val uit mekaar uit. Soos julle kan sien op die fotos lyk dit maar baie snaaks.

    Ek wonder of die rede dalk kan wees dat ek net 200 g klapper gebruik het in plaas van 250 ml? Sal julle asseblief die resep probeer en my laat weet wat julle ondervinding is met die resep. Krummel julle goed ook so, of is dit net myne?

    Ek het so 35 koekies uitgekry.

    Dit is ‘n morsige gedoente maar baie heerlike koekies. Probeer gerus.

Leave a Reply