Ingredients
- 16 Hoender vlerkies/ cocktail boudjies
- 125ml Vars suurlemoensap
- 80ml Fyn appelkooskonfyt( gesmelt)
- 125ml Sojasous
- 80ml Blatjang
- 3 Knoffelhuisies ( fyngedruk)
- 1 Groot ui (fyngekap en gesoteer)
Instructions
- Pak die hoender vlerkies/boudjies in 'n vlak oondvaste bak.
- Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die vlerkies.
- Marineer ongeveer 1 uur lank.
- Voorverhit die oond tot 160°C.
- Bak dan sowat 1 uur lank onbedek tot die hoender vlerkies gaar en goudbruin is.
Volgende Resep: Gebakte Mayonnaise Hoender