Notes
Sluit ’n ete af met dié dekadente witsjokolade-nagereg.
Ingredients
- 300 g Ryp koejawels, geskil en ontpit
- 5 cm-stuk Vars gemmer, opgesny
- 50 g Strooisuiker
- 7 ml Gelatien
- Sap van 1 klein suurlemoen
- 1 Groot eier, geskei
- 80 g Witsjokolade, in stukkies gebreek
- 250 ml Room, geklop
Instructions
- Gooi die koejawels, gemmer, suiker en 120 ml water in ’n kastrol.
- Laat prut tot die vrugte sag is. Laat afkoel, gooi deur ’n sif en hou die stroop.
- Haal die gemmer uit. Pols die koejawel in ’n voedselverwerker tot glad.
- Verhit die stroop wat jy uitgehou het oor lae hitte.
- Voeg die gelatien en suurlemoensap by.
- Klop die eiergeel liggies. Voeg ’n bietjie van die stroop by die eiergeel en roer dit dan by die mengsel in die kastrol.
- Roer tot dit effens verdik. Haal van die plaat af en roer die sjokolade by. Laat afkoel.
- Meng die koejawel puree en gelatien mengsel saam. Klop die room dik. Vou dit by die mousse in.
- Klop die eierwit tot sagte punte vorm en vou dit dan by die mousse in.
- Skep in individuele glase of klein bakkies. Sit in die yskas tot jy gereed is om voor te sit.
- Gebruik ’n spuitsak en druk ’n bietjie room bo-op elkeen uit.
Volgende Resep: Skep Skons