Ingredients
- 2 Pakkies suurlemoen jellie
- 1 Blik yskoue ingedampte melk
- 2 Blikke koejawels
Instructions
- Maak die pakkies suurlemoenjellie aan volgens die aanwysings op die pakkie. Sit dit in die yskas tot dit net-net begin stol.
- Gebruik 'n elektriese klitser om die ingedampte melk te klits tot dit baie skuimerig is.
- Voeg die jellie by terwyl jy heeltyd klits.
- Sit dit vir omtrent 30 minute terug in die yskas.
- Dreineer die blikke koejawels. Kap die koejawels fyn en roer dit by die res van die poeding.
- Sit dit terug in die yskas om te stol.
Volgende Resep: Jellie Skuim