Notes
Resep van Boerekos Kook en Geniet
Die resep lewer so 30 koekies afhangende die grootte.
Ingredients
- 1 k hawermout
- 1 k suiker
- 1 k meel
- 1/2 k botter
- 1 k klapper
- 1 eier
- 1 k ontbytgraanvlokkies
- 1 t vanielje geursel
- 2 e okkerneute
- 1 e grondboontjiebotter
- 1 t bakpoeier
- 1 t koeksoda
- knypie sout
Instructions
- Rol ‘n koekroller liggies oor ontbytgraan om hulle effens fyner te breek.
- Meng met hawermout, klapper en okkerneute.
- Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en meng met die hawermoutmengsel.
- Room suiker en botter en voeg eiers by. Voeg geursel en grondboontjiebotter by.
- Meng nat en droë bestanddele met ‘n houtlepel.
- Maak klein bolletjies (omtrent 1 teelepel grootte) en druk plat met vurk op gesmeerde bakplaat.
- (Moenie te na aan mekaar plaas nie.)
- Bak 10 minute in matige oond (180º C) tot ligbruin.
Volgende Resep: Skurwe Jakkies