Maggie Se Cremora Poeding – Hierdie Is Die Ware Jakob

Bestanddele:

1 Blik kondensmelk
80ml Suurlemoensap
2k Cremora poeier
1 Blik fyn pynappelstukke hou die sap
1 Pakkie aarbei of pynappel jellie

Metode:

  • Klits kondensmelk,suurlemoensap en cremora poeier saam.
  • Dreineer die vrugte maar hou die sap.
  • Klits die jellie en die pynappel sap saam tot opgelos, gooi die jellie sous by cremora, klits goed.
  • Gooi die vrugte in roer goed sit in yskas vir -+ 1uur tot goed koud en gestol.

Die basis vir meeste Cremora terte is omtrent dieselfde.

Verander jou kors: gemmerkoekies, Oreos, neutekoekies.

Verskillende Vrugte: Bloubessies, arbeie, litchies, mango

Gerasperde sjokolade kan vir bolaag gebruik word.

Basiese resep:

Bestanddele:

2 blikke kondensmelk

400ml suurlemoensap

500g Cremora

500ml water

Metode:

  • Klits Cremora en water saam, voeg by kondensmelk en suurlemoensap.
  • Genoeg vir 2 terte.
  • Druk koekies (2 pakkies) fyn en meng met 150ml gesmelte botter of margarien, druk vas onder in tert bord.

Volgende Resep: Maklike Vanilla Poeding