Ingredients
- 1 Groot konfytrol, in skywe van 1 cm gesny
- 80 ml (1/3 k) Soetwyn (hanepoot of sjerrie)
- 2 x 80 g Pakkies rooi jellie
- 250 ml (1 k) Kookwater
- 250 ml (1 k) Room
- 1 x 380 g Blik yskoue, volroom, ingedampte melk
- 1 x 397 g Blik kondensmelk
- 125 ml (½ k) Suurlemoensap
- 250 g Rooi glanskersies, gesnipper
- 20 Pienk malvalekkers, fyn gesnipper
Instructions
- Voer ’n diep middelslag-tertbord met snye rolkoek uit en sprinkel die soetwyn bo-oor.
- Los die jellie in die kookwater op en roer die room by. Laat afkoel tot dit net begin verdik.
- Klits die ingedampte melk styf en klits die jelliemengsel by.
- Klits die kondensmelk en suurlemoensap in ’n aparte bak tot dik en klits ook by die melkmengsel. Laat afkoel tot dit begin verdik.
- Sprinkel ’n laag kersies en malvalekkers op die rolkoekskywe.
- Skep die helfte van die melkmengsel bo-oor en smeer gelyk.
- Sprinkel weer ’n laag van die kersies en malvalekkers oor en skep die res van die melkmengsel bo-oor.
- Verkoel tot gestol.
Volgende Resep: Cremora Tert