Notes
Kinders is mal oor dié koekies - ook lekker vir markdag.
Ingredients
- 36 Marie-beskuitjies (1 pakkie sal genoeg wees)
- 18 Wit malvalekkers
- 100 g Melksjokolade
Instructions
- Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas 18 Marie-beskuitjies daarop. Sit ’n malvalekker bo-op elkeen. Smelt sjokolade oor ’n kastrol met kookwater of teen ’n lae temperatuur in die mikrogolfoond. Plaas bakplaat versigtig in die oond vir net 2 minute.
- Skep ’n teelepel van die gesmelte sjokolade bo-op elke koekie se malvalekker.
- Druk versigtig nog ’n Marie-beskuitjie bo-op elkeen vas. Laat afkoel voor jy dit eet, want die malvalekkers word baie warm.
Volgende Resep: Kondensmelk Koekies