Malvapoeding – Net Nog ‘n Malva Poeding Resep

 Bestanddele:

1 Eier
125 mℓ Suiker
250 ml Gesifte koekmeel
5 mℓ Bakpoeier
5 ml Koeksoda
Knypie sout
25 ml Appelkooskonfyt
30 ml Asyn
250 ml Melk

Metode:

  • Klits eier & suiker goed saam tot lig & donsig.
  • Voeg meel, bakpoeier, koeksoda, sout, konfyt & asyn by & meng goed.
  • Roer melk by tot ‘n gladde deeg.
  • Gooi in ’n gesmeerde bakskottel.
  • Bak vir 45min by 180°C.

Sous:

Bestanddele:

250 ml Suiker
125 ml Kookwater
Blik ideal melk
60 ml Botter/margarine
5 ml Vanieljegeursel

Metode:

  • Verhit sous-bestanddele in en gooi oor poeding net na dit uit die oond gehaal is.

Lewer 6 porsies.

Volgende Resep: Mikrogolf Malva Poeding