Notes
Wenk:
Pas jou mayonnaise aan by as jy minder of meer aartappels vat.
Wees versigtig met te veel melk - onthou jou mayonnaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap.
Gooi eerste jou mayonnaise in en kyk hoeveel melk nodig is.
Ingredients
- 4 – 6 Groot Aartappels
- 1 Ui, fyngekap
- Gemaalde peper en sout
- 1 – 2 t Droë pietersielie
- 1 t Bakpoeier
- ‘n Lekker homp botter (1 -2 eetl.)
- 2 eetl. Mayonnaise
- Bietjie Melk
Instructions
- Kook aartappels saam met die ui tot gaar.
- Maak fyn. Voeg peper en sout , pietersielie, bakpoeier en botter by. Roer deur.
- Gooi nou so mayonnaise by. Voeg nou die melk by om dit lekker romerig te maak.
- Roer klein bietjie droë pietersielie in .
Volgende Resep: KFC Mashed Potatoes