Notes
Wenk:
Jy kan die koekies vervang met rou hawermout, klapper, grondboontjies, rosyne of neute.
Ingredients
- 500g Versiersuiker (MOET gesif wees)
- 250ml Gesmelte margarien
- 100ml Kakao
- 1 Eier
- 1 Pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek
Instructions
- Sit die versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrogolf bak en kook vir 3 min op 100% krag.
- Meng goed (dit mag ‘n bietjie droog lyk).
- Voeg eier by en meng goed.
- Voeg die koekies by en roer goed deur.
- Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het.
Volgende Resep: Mikrogolf Sjokolade Koek in ‘n Beker