Mikrogolf Wortel Koek – Wen Resept Vir Die Mikrogolf

Bestanddele vir koek:

1/2 k Olie

5 ml Bakpoeier

5 ml Gemengde speserye

3/4 k Suiker

2,5 ml Koeksoda

100 ml Neute

5 ml Vanielje

2 Eiers

2 k Gerasperde wortels

5 ml Kaneel

250 ml Meelblom

Versiersel Bestanddele:

250 g Gladde maaskaas

1/2 k Versiersuiker

1 ml Suurlemoensap

Metode vir koek:

  • Meng alles saam.
  • Spuit ‘n ringpan en bak op hoog vir 7 minute.
  • Bak op omgekeerde piering.

Versiersel metode:

  • Meng alles saam.
  • Strooi neute oor koek.

Volgende Resep: Klam Sjokolade Koek