Notes
Oros poeding is 'n ideale poeding om te bedien by n basaar. Dis n maklike resep om te volg en heerlik verby. Probeer gerus!
Ingredients
- 3 Blikkies Idealmelk (oornag in yskas)
- 5 Desert gelatien
- 5 k Suiker
- 2 ½ k Kookwater
- 2 Bottels oros (750 ml)
Instructions
- Los die gelatien in koue water op en mikrogolf vir ‘n paar sekondes tot gesmelt. Los die suiker in die kookwater op. Voeg gelatien by.
- Voeg die oros bottels by die stroop mengsel.
- Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie.
- Klits nou die ideal melk styf en voeg by bo-genoemde.
- Sit in yskas om te stol.
Volgende Resep: Enige Geur Basaar Poeding