Notes
♥ Dien op met rys en Griekse slaai of oondgeroosterde groente en knoffel brood.
♥ As daar oorbly, sit dit op roosterbrood met bietjie kaas bo-oor en sit onder die grill van jou oond of saam met pasta.
♥ As die paella droog is, gooi van jou hoender ekstrak by.
♥ Jy kan 'n blikkie mossels ook bysit.
♥ As jy van knoffel hou, sit 'n lepel of 2 knoffel by.
♥ Dit vries goed. Maak dit dubbel en sit in die vrieskas vir jou.
Ingredients
- 1 Heel hoender
- 1 Blik tuna
- 500 g Vars mushrooms of 1 blik mushrooms
- 1 Klein blikkie tamatiepuree
- 250 g Gesnipperde spek
- 1 Green pepper
- 1 Blik tamatie en uie
- 2 Uie
- 2 t Tamatiesous
- 2 eetl. Chutney
- ½ t Tabascosous (opsioneel)
- Sout en peper
Instructions
- Kook hoender tot fyn. Haal alle beentjies uit.
- Braai uie en green pepper tot sag.
- Braai spek by die uie en green pepper.
- Voeg al die ander bestanddele by. Roer goed.
- Laat prut vir 20 min.
Volgende Resep: Griekse Hoender en Feta Gebak