Hier is videos wat stap vir stap verduidelik hoe die resepte gemaak word. Geniet dit! (more…)
Maklike Vrugtekoek Resepte vir Kersfees
Heerlike 8 vrugtekoek resepte wat jy kan maak vir kersfees. Hierdie resepte is maklik en van hulle word sommer in die mikrogolf gemaak. Meeste van die vrugtekoek resepte bevat brandewyn. (more…)
Gammon Resepte – 6 Heel Beste Varkboud Resepte
Hier is 6 van die heel beste varkboud en gammon resepte in Afrikaans. Die perfekte resepte vir ‘n lekker Kersfees varkboud! (more…)
Piesangbrood Resep – Maklike en Heerlike Piesangbrood
Hierdie piesangbrood resep is die beste resep wat ek baie graag gebruik as ek piesangbrood maak.300
Prep Tyd: 10 minutes
Kook Tyd: 1 hour
Totale Tyd: 1 hour, 10 minutes
Opdien Grootte: 1 Groot Piesang Brood of 2 kleintjies
Bestanddele:
125 ml Margarien
300 ml Suiker
2 Eiers
2 x 250 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
2,5 ml Sout
5 Fyngedrukte piesangs
2,5 ml Vanilla
Piesangbrood Metode:
- Room die botter en suiker.
- Klits eiers een vir een by.
- Voeg die gesifte droë bestanddele by.
- Voeg nou die piesangs en vanilla by die mengsel.
- Bak +- 1 uur by 180 °C.
Notas:
Die resep is die lekkerste en defnitief die maklikste resep ooit! ‘n Bonus punt is hy is flop vry en ek beveel hierdie resep aan vir enige iemand.
Van bo baas kok tot ‘n beginner in kos maak. Absoluut ‘n wen resep en moet defnitief probeer word!
Volgende Resep: Rencia se Piesang Brood